Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Sint Stefan van Perm | |
---|---|
Sint Stefan op pad na Moskou.
| |
Gebore | 1340 |
Oorlede | 1396, Moskou |
Kerk | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk |
Gedenkteken | Stefanofski-katedraal in Siktifkar |
Feesdag | 26 April |
Sint Stefan van Perm (Russies: Стефан Пермский, Stefan Permski) (1340–1396)[1] was ’n 14de-eeuse sendeling wat na bewering die Komi-volk (van die huidige Republiek van Komi, Perm-krai, Moermansk-oblast, Chanto-Mansië en Jamalië) tot die Christendom bekeer het en die bisdom van Perm gestig het. Hy het ook die Oud-Permiese skrif ontwikkel, wat hom die vader van die Permiese skryftradisie maak. Stefan was waarskynlik van die dorp Weliki Oestjoeg.[2] Sy feesdae in die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse Kerk is op 26 April.